Waar is ons?
AGTER WATTER DUIN?
Ry deur Parys op die R59 na Vredefort.
Net buite Parys, draai links by die eerste grondstraat.(Jy sal ons bord daar sien).
Volg hierdie grondstraat vir 1.2km en jy sal jouself in ‘n stukkie seeparadys bevind.
DE VETTE MOSSEL @ PARYS is op 9 Pistorius Rust Kleinhoewes, Parys.
(Tussen disse baljaar die jongklomp – en jonk van gees – op ons “seestrand” of gaan maak lyf nat in ons eie “see” – ‘n lekker plaas swemdam!)
GPS: S26.927042 E27.443471